#Kokerskook24
'n Koker gaan aan dr. Danie Langner vir sy bydraes tot die beskerming van Afrikaans die afgelope 25 jaar. Sy bydraes tot die Afrikaanse kunste en die onderwys staan duidelik uit. Veels geluk dr. Danie! #KokersKook24 #Afrikaans
December 2, 2024 at 1:51 PM
Zenzile Khoisan - joernalis, oud-studenteleier en banneling - ontvang 'n Koker vir die Bevordering van Afrikaans. Zenzile is 'n invloedryke leier van die Khoi-San-beweging. Hy beywer hom vir die Khoi-San-kultuur, die Eerste Tale, Kaaps en #Afrikaans. #Kokerskook24
December 2, 2024 at 1:50 PM
Karen Meiring ontvang 'n Koker vir die bevordering van Afrikaans. Sy het al groot spore in die Afrikaanse TV- en filmbedryf getrap en het baanbrekers werk in die Afrikaanse kunste verrig. Dankie Karen! #Kokerskook24 #Afrikaans
December 2, 2024 at 1:49 PM